

CREMORATERT MET SKOP
2 koppies Cremora
1 koppie ykskoue water
1 blik kondensmelk (oornag in die yskas)
¾ koppie suurlemoensap. (Kamertempratuur)
Klits die cremora en water, tot die cremora opgelos is, voeg die kondensmelk by klits goed in. Voeg die suurlemoensap stadig by en meng goed in.
Vir die skop het ek ‘n 25 ml Amarula by gevoeg goed deur gemeng en op “kors” geskep.
Kors:
Ek het net Marie biscuits in ‘n bak gepak. Ek verskies om heel koekies te gebruik, dan breek ek net koekies op om die gate te vul.
Resep: Tannie Klasie Schoeman
Foto: Cornelia Bosman Walkinshaw






