BOOMTAMATIE BLATJANG
Baie mense hou nie van boomtamaties nie tot hulle die blatjang probeer. As jou boom ‘n oorvloed boomtamaties dra, waarom nie probeer om blatjang te maak nie? Jy mag dalk ‘n nuwe voorliefde ontdek waarvan jy nooit geweet het nie en die resepte is regtig maklik. (Dit kan dalk ook ‘n oulike geskenk uitmaak – tuisgemaak.)
30-50 boomtamaties
1 kg bruinsuiker
1 koppie asyn
4 knoffel huisies (opsioneel)
4 appels (Granny Smith)
3 uie
cayenne pepper
sout en peper na smaak
Skil en sny die uie, appels en tamaties in blokkies. Gooi in groot pot saam met al die ander bestanddele en plaas op stoofplaat. Roer gereeld terwyl dit kook op matige hitte tot dit die regte dikte bereik het.
Wenk:
Blatjang resepte kan maklik aangepas word. Proe dus of jou speserye reg is volgens jou spesifieke smaak. As jy hou van meer sout, kan jy bysit. As jy hou van bietjie gemmer in jou blatjang, kan jy dit ook byvoeg.
As jy growwe blatjang verkies, hou die vrugte in blokkies gesny, maar as jy fyn blatjang verkies, is dit raadsaam om die vrugte vooraf in ‘n voedselverwerker te plaas tot dit reg is volgens jou standaard.
FOTO en aanpassings: Rina Kleinhans
Ek het vandag van die klein tamaties sommer blatjang gemaak, want ek het so baie. Ek het hierdie resep so bietjie aangepas, ek het vars gemmer bygesit en ek het so halwe koppie Mr Ball’s blatjang ingesit en op die einde het ek so eetlepel maizina met bietjie water aangemaak en bygesit en deur gekook. Pas maar suiker en sout, peper aan na smaak. Ek het met xylitol gekook, en alles fyn gemaak in die voedselverwerker voor ek gekook het, want die skilletjies is bietjie hard van die tamaties. Ek het ook so eetlepel balamiese asyn ingesit vir smaak.