

LEE ANN SE GEROLDE EIERBROOD VERRASSING
Kyk desperaatheid bring partymaal die kreatiwiteit uit my uit! Die tyd van die maand en ek sterf vir ‘n soet dingetjie en daar nou nie geldjie vir tjoklits of roomys nie, so grou ek in my kas.
Kry eiers, ontdek ‘n Salted Caramel Toffee spread wat ek geskenk gekry het en dink aan blink plan.
Ek vat snytjies brood, sny korse af rol hom plat en smeer lekker met spread en rol op soos ‘n sigaar, doop toe in geklitsde eiers en braai in pannetjie soos met French toast, direk uit pan gooi ek toe in kaneel suiker.
Kook bietjie stroop in mikrogolf sodat meer loperig is.
En daar sit ek en doop my skepping in stroop en eet als op!
Moet se ek voel nou baie beter!
Daai roomys karretjie het my kop heeltemal deurmekaar gehad vandag. Hierdie doop ek nou ‘ Lee-Ann se gerolde eierbrood verrasing’ Hehehehe
BRON – Lee-Ann Nieuwenhuis






