

1 MINUUT FRIKKADELLETJIES
Makliker en vinniger kry jy nie! Geen LowCarber behoort sonder ‘n groot voorraad van hierdie frikkadelletjies in die yskas te wees nie. Dit is die ideale tussen-in happie wanneer jy lus voel om aan iets te knibbel. Die resep kry net 3 bestanddele in en dit super vinnig om te maak.
250 g bees maalvleis
30 ml parmessaan kaas, gerasper
10 ml barbeque speserye
Meng alles goed saam en vorm klein bolletjies uit die mengsel. Pak dit ‘n entjie uitmekaar op ‘n mikrogolfvaste bord. Bedek dit met ‘n mikrogolf “splatter plate”. Mikrogolf die bolletjies op HOOG vir 1 minuut. (Indien jou mikrogolf ‘n grill het, kan jy die bolletjies ook vinnig gaar grill.)







These have great potential! I cooked the first ones in the oven, but will try the next batch in the microwave. Very easy to make and taste very nice.