WENNER MELKTERT
Deeg:
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 eier
1/2 koppie botter
1/2 koppie suiker
Knippie sout
Meng botter, suiker goed. Klits eiers en voeg by. Meng res van die bestanddele. Maak aan met bietjie melk. Voer panne uit druk mooi dun in met hande. Bak teen 180ºC tot gaar.
Vulsel
4 1/2 koppies melk
3 eiers
3 eetlepels botter
2 1/2 eetlepels meelblom
2 1/2 eetlepels maizena
1/2 koppie suiker
1 1/2 teelepel vanilje
Bietjie sout
Kook melk, botter en vanilje
Klits eiers en suiker
Voeg meelblom, sout en Maizina by
Klits in melkmengsel
Roer goed, pasop dat dit nie aanbrand
Roer tot dik word. Gooi in gaar tert kors. Strooi kaneel bo-oor
Gerda Rudd Voorheen Coetzer se skoonmoeder se resep
FLR Foto: Trudie Grobler








