PERSKE EN PYNAPPEL SWEET CHILLI SOUS
Ek het so gister bietjie tyd tot my beskikking gehad. Toe ontwerp ek die een. Dit is hoekom ek navraag gedoen het oor knoffelvlokkies. Dit val nogal heel in my smaak. My troefkaarte, my kleinkinders het ‘n heel bottel gas gegee.
500 ml appelkoskonfyt
100 g gedroogte perskes
1 blik fyn pynappel (432 g)
3 rissies, maak dit maar meer of minder na smaak (Ek het bishop crown gebruik)
15 ml knoffelvlokkies
15 ml uievlokkies
5 ml sout
15 ml asyn
15 ml gedroogde pietersielie
Laat eers die perskes in ‘n bietjie kookwater week om sag te word.
Gooi al die bestanddele behalwe die appelkooskonfyt in ‘n voedsel verwerker en meng goed.
Gooi appelkooskonfyt in pot en laat net net prut. Gooi dan die res by en laat net opkook.
Proe en gooi nog asyn by na smaak. Bottel en bêre.
Nota: Ek weet self nie of dit binne of buite die yskas gebêre moet word nie.
Foto en resep: Johan Du Preez Snr









geskuif