

VARS KNOFFELROL
My gesin kan nie genoeg kry. Bly ‘n treffer.
1 rol skilferkorsdeeg
fyn gekapte knoffel na smaak
5 ml sout
pietersielie
swart pepper
origanum
botter so 5 eetlepels
bietjie vars suurlemoensap
gerasperde kaas
Meng alles en rol deeg af en smeer oor deeg in binnekant.
Rol die deeg op en plaas in gespuite pan.
Smeer bietjie geklitste eier oor die bo kant.
Bak teen 220ºC tot goudbruin.
Resep en foto: Anne-Marie Nagel






