THAI HOENDERLEWERKOEKIES
500 g hoederlewers, skoongemaak
2 eetlepels rooi kerriepasta
1 eier
2 eetlepels vis sous
2 teelepels suiker
4 salotte, gekap
1 sny brood se krummels
3 eetlepels lemmetjie sap
2 suurlemoen gras stingels, gekap
2 eetlepels vars koljanderblare, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
Sit alles in voedselwerwerker en kap tot gemeng.
Braai lepelsvol in vlak olie en dreineer op kombuis papier.
Bedien met sout, rissie sous, koljanderblare en gekapte vars rissies.
Resep en foto: Martie Fourie Moolman