Ek het spagetti gekook en eenkant gesit.
Toe braai ek hoender borsies wat in repies gesny is tot lekker bruin,uitgehaal en een kant gesit,toe braai ek 1 groot ui,rooi groen en geel peppers en ‘n bakkie sampioene, op gesny tot lekker sag.
Voeg die spagetti by en n blikkie pynappel stukke met sous en n koppie soya sous.
Meng lekker deur.
Dis heerlik.
Bron: Belinda Minnie








