
RICE KRISPIE ROL
¼ koppie gesmelte botter
300 g mini malvalekkers
5 ½ koppies Rice Krispies
1 ½ koppies melk sjokolade chips
½ koppie grondboontjie botter
Smelt die botter oor warm water en voeg die malvalekkers by. Smelt alles oor baie lae hitte.
Voeg die Rice Krispies by en meng goed.
Smeer die mengsel in ‘n voorbereide bakplaat
Sit die sjokolade en grondboontjie botter in ‘n mikrogolf bak en smelt, roer elke minuut.
Smeer die sjokolademengsel oor die rice Krispies, laat in ‘n koel plek staan totdat die sjokolade begin hard word, wees versigtig dat dit nie te hard word nie, want dan gaan dit nie oprol nie.
Maak die kante los met ‘n metal “spatula” en rol dit op, begin by die lang kant.
Jy kan die rol ook in enige iets van jou keuse rol, indien verkies ( hundreds 1000 of neute)
Draai die rol toe in kleef pastiek om te stoor.
Sny in skywe vir bediening
Rina Kleinhans : Nota
Ek weet nie of mens die sjokolade bo op die malvalekkers gesmeer gaan kry nie, maar dit is wat ek dalk sou doen. smelt die botter en meng met die Rice Krispies, smelt die malvalekkers, smeer bo-op en sit dan die sjokolade bo-op, laat stol en rol op… probeer en laat weet asb?






