O jitte..dit was uit my kop uit! Ekt n riffel pan gevat en genoeg botter daarin gesmelt, bietjie suurlemoensap ingemeng.. my baby hake ge’lemon pepper’, garlic_sout en swart peper(die peper korrels wat crush) Dit op n medium hitte gebak sodat die vis nie aanbrand(of breek) en gereeld met n eier spaan rond beweeg. Dan al die stukkies op n bord geplaas en dit met appelkoos konfyt ligweg geverf..dit vir 3minute in my mikrogolf op die grill funksie gesit! Lekker op geel rys bedien en so bietjie botter gesmelt met die einste suurlemoensap en dit bo-oor gedrip.. (sodat rys nie so droog is) Lekker visbak!
Foto en resep: Marlise Smith