

LIETSJIE TERT
1 pallie suurlemoen jellie;
250 ml kookwater;
1 blik lietsjies;
2.5ml gelatien opgelos in 15 ml water;
250ml vars room;
250g roomkaas
1 blik kondensmelk.
Los jellie in kookwater op en voeg sap van lietsjies en opgeloste gelatien by. Sny lietjies kleiner.Klits room styf en meng al die bestanddele saam. NB moenie die fout maak wat ek gemaak het nie. Laat vulsel effens stol voordat dit op beskuitjies gegooi word – anders kom beskuitjies op soos myne. haha.
Resep geplaas deur Foto: Annelise Engelbrecht






