KNORR BEESSTERT
Ek deel graag die lekkerste beesstert gereg met julle.
1 beesstert
2 uie, gesny
4 klein worteltjies, gesny
2 stingels selery, gesny
1 gesnyde groen soetrissie
1 gesnyde prei stingel
1 pakkie Knorr Rich beesstersop
2 eetlepels rooiwyn
1 eetlepel mielieblom
3 eetlepels olie
4 koppies water
(Opsioneel 250 g gesnyde knopiesampioene)
Ook 1 blikkie ingelegde klein heel mielietjies
Rol die beesstert porsies in mielieblom en braai bruin in olie.
Plaas porsies in vuurvaste bak.
Giet die water, wyn en sop in die kastrol waarin die vleis verbruin is en roer goed. Kook effens. Giet oor beesstert porsies.
Voeg wortels, uie, seldery, prei en groenrissie by. Indien water te min is, voeg nog by.
Bak in oond by 180°C, ongeveer 3 – 4 ure.
Voeg sampioene 20 min voordat die vleis sag is, by. So ook klein heel mielietjies.
Kan ook in drukkoker gaar maak. Sit soppoeier by as vleis sag is (anders brand dit vas). Ek maak 4 beessterte op ‘n slag. Dit vries goed. So lekker met ‘n laaang sous.
Dit is 5ster !
Bedien stampmielies of rys of gebakte (roast) aartappels, groenboontjies by. Geniet!
Resep geplaas deur Abie Le Roux
(Probeer gerus. Ek maak hom al jare lank. Hy het ‘n heerlike sous. Vars broodrolletjies saam is ‘n moet – baie geurig. Onthou net as die gereg koud is, moet die vet bo afgeskep word.)








