Maak seker jy het 3 panne wat almal dieselfde grote is, verkieslik ‘n losboompan vir die vulsel…
Stel oond op 180 ºC. Smeer twee laagkoekpanne (23cm) of bespuit met Cook and Spray
Meng kakao, kookwater en kookolie saam en hou eenkant.
Sif meel, bakpoeier en sout saam… Hou eenkant
Klits eiers en strooisuiker tot romerig, voeg die gesifte meelmengsel by en meng. Voeg die kakaomengsel by en vou liggies in met ‘n metal lepel net tot in gemeng. Skep in 2 panne en bak 20 min of tot toetspen skoon uitkom. Keer uit op draadrak en laat afkoel.
Mens kan die vulsel die vorige dag of paar uur voor die koek berei, anders kan mens eers die koek stapel nadat die vulsel gestol het wat ‘n hele paar uur neem, ek stel voor oornag is beter.
Vulsel metode:
Drein vrugte en hou 60 ml van die stroop. Sny vrugte in klein stukkies en hou eenkant. Voeg gelatien by die stroop en meng, plaas oor warm water om te smelt, of sit in die mikrogolf vir 20 sekondes, roer en laat bietjie afkoel.
Klits die eierwitte styf en hou eenkant
Klits die room styf en hou eenkant
Klits die roomkaas en suiker saam. Voeg die eiergele, suurlemoensap en skil by en meng. Voeg gelatienmengsel by roomkaasmengsel en vou dan die eierwitte, room en vrugte in. Skep in 23cm losboompan wat gesmeer is en verkoel in die koelkas tot goed gestol.
Net voor opdiening sit die gestolde roomkaasvulsel bo-op die een koek laag en sit dan die ander koeklaag bo-op. Spuit groot roomrose bo-op en strooi die gekrummelde flake oor, of strooi net versiersuiker oor .
Nota: Ek het die koeklaag bo-op die vulsel in die pan gesit, die opdien bord oor dit gesit en dit omgedraai dat die koek en vulsel nou in die bord le, toe maak ek die losboompan los dat die vulsel uitkom.
Ek het ook vars mango gebruik en 3 teelepels suiker met 60 ml water gemeng vir die stropie










geskuif