KARAMELBOLLETJIES-BROOD ROLLETJIES
Karamelbolletjies ~ heerlike braai bygereg !!
1 kg winkeldeeg
1 ½ kop muscovado bruinsuiker (klam bruinsuiker)
500 ml room
20 ml fyn kaneel
60 ml botter
Voorverhit die oond tot 180°C.
Verdeel die deeg in 18 bolletjies, smeer jou hande met gesmelte botter.
Maak ‘n deegbolletjie en rol elkeen in die bruinsuiker.
Verdeel nou die oorblywende suiker en plaas die helfte onderin die bak wat u gaan gebruik.
Pak die deegbolletjies nou bo-op die lagie suiker, gooi die room eweredig oor die deegbolletjies.
Rond dit af met die fyn kaneel en die res van die bruinsuiker en stip aan met stukkies botter.
Bak die bolletjies in die voorverhitte oond vir 45 minute (met die deksel op) of tot mooi uitgerys en ligbruin.
Verwyder nou die deksel en bak vir nog ‘n paar minute (± 10 min) tot bruin bo-op.
Sit warm voor, skep van die karamelsous bo-oor die bolletjies.
Hierdie soet broodrolletjie is regtig ‘n wenner saam met braaivleis en veral met ‘n snoekbraai.
Foto: Wayne Dugmore








