IDEES VIR LEKKER OOND RIBBETJIE
Retha Ingel Marais:
Ingredients:
2oo ml lager
50 ml soy sauce
2 tbsp brown sugar
2 tbsp Rosemary ground
2 tbsp grainy mustard
1 tbsp tomato puree
1 tbsp crushed black peppercorns
1 tbsp garlic, finely chopped
1 tsp coarse salt
Meng alles saam en marineer vir ten minste 2 ure of marineer oornag en kook tot sag in stoompot en bak dan in warm oond of oor kole.
Annalize Hattingh:
Ek spice myne, sit dan in ‘n oond kasserol met ‘n tikseltjie water onder in en sit in die oond op 130°C vir 3 – 4 ure, afhangend hoe groot hy is. Sit dan op grill vir die laaste 10 minute tot die skilletjie lekker bros is. Vleisies val omtrent van die bene af, so sag en sappig. En nou het jy my honger!
Hettie Swanepoel:
Ek meng tamatiesous, chutney, asyn, bietjie suiker en Worcestersous. Sit oond op 180°C. Sit dit op ‘n rakkie in oondban en bak. Dit is heérlik verby.
Tina Grobler Venter:
Vat rib, sit bo-op folie. Smeer rib met chutney, garlic en pietersielie. Gooi genoeg suurlemoen sap oor en Aromat na smaak. Draai toe met foelie. Marineer in yskas vir paar uur. Bak in oond (in die foelie) as rib gaar is maak oop en grill hom ‘n bietjie. BAIE LEKKER.
Liz Terblanche’:
Maak mengsel van Jimmy sous, coke en perske blatjang.
Marietjie van der Merwe:
Smeer die vetkant in met sout. Dit laat die vet vinnig uitkook en vleis bly sag.
Lorett Brittnell:
Ek sny die vetkant van die rib lekker diep met skerp mes is kleinerige diamantvormige blokkies en sprinkel mildelik bruinasyn aan albei kante met genoeg sout, peper bietjie naeltjies en fyn koljander ingevryf. Vou so dubbeld en sit in plastieksak en marineer vir 2 tot 3 ure sommer so by kamertemperatuur. (Ek draai die sak om elke keer as ek daar verbyloop.) Sit in oondpan en bak by 180°C oop in ‘n oondpan vir 2 tot 3 uur tot sag en lekker crispy met al die vel uitgebraai in die oondpan.
Foto: Martin Mulder








