NADIA SE VLEISBROODJIE-MEATLOAF
Ek het vannaand vir die eerste keer Meatloaf gemaak. En ek kan nie glo hoe lekker dit uitgekom het nie. Het sommer net bestandele bymekaar gegooi en gehoop vir die beste.
500 g maalvleis
paprika, in blokkies gesny
sampioene, in skyfies gesny
smelt kaas, opsioneel
1 pakkie bruin uie sop poeier
wit peper
spek
1 eier
Meng al die bestanddele saam behalwe die spek.
Maak ‘n brood vorm in die pan en maak rondom toe met die spek.
Bak vir 45 min op 180°C.
Geniet!
Foto en resep: Nadia Thölix