1 pakkie Mariebeskuitjies
125 g margarien
1 blikkie kondensmelk
2 pakkies suurlemoenjellie
1 groot blik pynappelringe of pynappelstukke
2 koppies kookwater
Maak Mariebeskuitjies fyn, meng met gesmelte margarien.
Druk vas op bodem van reghoekige bak.
Indien pynappelringe gebruik word, sny in kleiner stukkies.
Maak jellie aan met kookwater. Laat afkoel. Voeg kondensmelk by dan pynappelstukke. Meng.
Skep in “tertkors”. ( versprei die pynappel eweredig.)
Plaas in yskas om te stol.
GENIET!!
Resep en foto: Hannetjie Snyman