FLOPVRYE PANNEKOEK
Die enigste pannekoek resep wat jy nodig het. Flop nooit en is nooit rubber nie, selfs as dit koud is.
4 koppies koekmeel
4 eiers
5 koppies water
½ teelepel sout
4 teelepels bakpoeier
½ koppie olie
Meng alles baie goed saam en bak, die geheim is om die bakpoeier laaste by te gooi en goed te meng
Resep geplaas deur Belinda Derrick Duvenage
Foto: Marie Rheeder Troskie
Emmerentia Coetzer Olivier:
Marie hy het baie bubbles gmaak as ek hom bak. Pannekoek het nie baie bakp nodig nie hoef nie te rys nie. Ons bak wafels en pannekoek nou by werk en ons pannekoekdeeg was klaar toe wil iemnd nog he. Toe maak ons net di wafelbeslag dunner met water en bak di heerlikste pannekoeke en n mooi goudbruin kleur! Ek verkies di wafel beslag!