ERTJIES SE HOENDER PASTEI
DEEG
4 koppies koekmeel
20 ml bakpoeier
5 ml sout
250 ml sagter botter
250 ml melk
Sif droë bestanddele saam.
Vryf botter met vingers in meel.
Voeg melk by en meng deeglik deur.
Sit deeg 30 min in yskas.
Spuit pastei bak met Spray-n-Cook.
Deel deeg in twee vir onder en bo-op tert. Plaas een deel terug in die yskas.
Rol 1 deel deeg uit en plaas in bak.
Druk teen wande vas en prik bodem met vurk.
Bak blind vir 5 min teen 180°C. Laat afkoel.
VULSELS
1 heel hoender (Flatty hoender met lemoen and herb)
3 aartappel, klein blokkies gesny en liggies gebraai
Laat afkoel.
Kook hoender van been af en maak fyn.
1 groot ui, fyn gekap
5 ml suurlemoen peper, na smaak
½ koppie kaas
2 eiers
4 eetlepels koekmeel
Meng al die vulsel bestanddele.
Rol die 2de deel van die deeg uit.
Plaas vulsel in bak met gaar kors en trek sy jas aan, maw bedek die tert met die 2de deel uitgerolde deeg. Druk die kante mooi vas, en smeer met geklitste eier of mayonnaise.
Bak verder tot jas bruin is. Ek het in my gasoond so 20 min gevat teen 180°C.
Sit voor met ‘n slaai.
Resep en foto: Ertjies de Witt