

EENVOUDIGE KAPOKAARTAPPEL PIZZA
± 10 medium aartappels
1 ½ – 2 koppies bruismeel
5 ml sout
50 ml melk
3 – 4 groot eiers
uie
soetrissie
wors
Maak kapokaartappels soos jy gewoontlik sou doen. (Ek het so ± 10 medium aartappels gebruik)
Ek het dit nie heeltemal fyn gemaak, omdat ek effe skurwer textuur verlang het.
Skep die aartappels in ‘n mengbak en sif die bruismeel en sout by.
Meng dit goed deur. (ek het so bietjie die hande gebruik, soos as jy brooddeeg sou maak)
Voeg dan ‘n slukkie melk en eier by (voeg dit bietjie vir bietjie by) en meng dit tot dat jou deeg min of meer soos ‘n koekbeslag lyk.
Smeer ‘n oond pan met margarien/botter of spray and Cook.
Plaas jou beslag daarin.
Bak in voorafverhitte oond teen 180°C vir sowat 15 tot 30 minute, of totdat jy sien dis gaar soos met koek.
Haal uit en laat afkoel.
Terwyl jou “aartappelkoek afkoel” braai van jou gunsteling bestanddele:
uie
soetrussie
wors, maak net half gaar
Ons het lekker klein pannetjies sodat elkeen sy eie pan voorgesit kan word.
Dus het ek my aartappelkoek in kleiner porsies gesny en daarin geplaas.
Bedek/smeer nou die “koek” met tamatie en uie smoor.
Sprinkel bietjie kruie oor.
Hier is waar die res van die familie nou betrokke raak.
Laat elk vir hom/haar sy eie Pizza bou.
Elkeen pak nou sy basis met lekkerhede, uie ens.
Bedek dan met ‘n laag kaas van jou keuse.
Plaas dit terug in die oond en laat die kaas smelt (en dis hoekom jou wors nie heel gaar gemaak moet wees, anders is dit bietjie droog)
En daarsy!
Resep en Foto: Henry Knaus-Bekker






