DUIKER SIRLOIN
sny in paar repies SKAAP STERT vet en gooi in ‘n bakkie
sprinkel sommer bruin asyn oor, so 3 eetlepels
1 teelepel swart peper
1 ½ teelepel sout
1 teelepel Masala
100 ml vars room
Meng dit goed deur en steek die lang mes so in die lengte van daai rugbiltongetjie op en maak ‘n lekker lang gat. Stop dit met SKAAPSTERT vetjies.
Smeer die orige sous en speserye oor die vleis.
Pak dit toe met dun gesnyde skaapstert vetjies, en draai dit in foelie toe. Bak in die oond op 150°C vir 30 minute, en draai die oond af tot 120°C vir nog 30 minute.
Maak die rug oop, en braai dit vir so 10 minute totdat die skaapstert vet lekker bruin en krispie is.
Gooi die vars room oor en laat staan 10 minute in die oond wat nou afgeskakel is.
Haal die rugbiltongtjies en die fillet uit die rugbeen uit en laat lê dit in die roomsous, terwyl die bykosse geskep word.
Ete net vir TWEE mense. Elk kry ‘n Duiker fillet, en ‘n stukkie sirloin.
Met geelrys en roomsous.
Stefaans Blaauw









geskuif