Lewer 12 groot bolletjies
Rystyd: 40 min.
1 kg koekmeel
2 pakkies (10 g elk) kitsgis
10 ml (2 teelepel) bakpoeier
10 ml (2 teelepel) suiker
10 ml (2 teelepel) sout
10 ml (2 teelepel) gedroogde gemengde kruie
10 ml (2 teelepel) droë knoffelvlokkies
1 liter (4 koppies) louwarm water
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer die holtes van ’n muffinpan
Sif die meel, gis, bakpoeier, suiker en sout saam in ’n groot bak. Voeg die kruie en knoffelvlokkies by en meng goed. Maak ’n holte in die middel en voeg die water by.
Meng tot ’n taaierige deeg vorm. Bedek en laat 10 minute rus. Skep die deeg in die muffinpanne tot dit driekwart vol is en laat 30 minute rys.
Bak 30 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.
Foto: Rina Kleinhans
Nota: Ek het met 500g glutenvrye broodmeel, 200g gewone wit broodmeel, 50g semels en 250g koekmeel gebak dit was bietjie slap maar het heerlik gekom. Maak seker jy smeer jou pannetjie baie goed, spuit alleen in nie goed genoeg nie








