LEKKER VLEISPASTEITJIES
Deeg:
Vryf 625 g margarien in:
6 koppies meel
½ teelepel kremetart
1 ½ teelepel sout
Maak aan met 3 eiergele en 60 ml witasyn saamgeklits in 3/4 koppie yswater.Vou toe in plastiek en plaas in yskas vir ten minste 6 ure. Die beste resultate word verkry wanneer deeg koud is.
Vulsel:
Kook saam:
1 kg gemaalde vleis
½ teelepel sout en
¼ koppie blatjang
Sodra vleis deurgekook is, voeg by:
½ teelepel aromat
¼ teelepel naeltjies
½ teelepel mosterd
½ pakkie Knorr Meat Ball Maker en
¼ koppie hawermout
1 sny geweekte bruinbrood
Druk al die water uit die brood. (ek sit nooit die brood in nie, die hawermout bind die vleis genoeg) Meng alles goed en laat prut vir 14 minuut. Druk in glasbak en laat koud word in yskas. Sny stroke en plaas op uitgerolde deeg. Vou toe en rol om, sny in verlangde groottes, smeer met geklitste eier. Bak tot mooi bruin by 180°C.
Foto: Annelise Engelbrecht
Resep geplaas deur Annelise Engelbrecht









Geskuif