SPINASIEROL
Stoom 500g skoongewaste spinasie vir +-10 min tot sag.
Dreineer in colander en droog oorblywende water uit in skoon vadoekie.
Braai 1 ui, paar sprietuie en ‘n groterige tamatie in pan met bietjie botter tot sag, sout en peper na smaak.
Snipper mbv ‘n skêr die spinasie in fyn repies en roerbraai saam met uiemengsel vir +-2 min.
Rol ‘n skilferkors of “puff” pastry uit, smeer spinasiemengsel oor hele rol, krummel blou kaas in stukkies oor hele pastei.
Rol in ‘n rol, sit in vrieskas vir omtrent 15 min net tot styf.
Haal uit en sny in wielietjies. Sit op voorverhitte bakplaat en bak tot gaar (20 min) of tot goudbruin. (180*C).
GENIET!
Resep: Amanda Conradie
Foto: Elize de Kock








