6 skaaplieste, goed skoongemaak – lewer ongeveer 4 kop fyn vleis
Geur met braaivleis speserye, sout, gemaalde swartpeper en worcester sous.
Ek het alles lekker ingevryf.
Plaas in slow cooker met 1 kop water. Kook tot baie sag en uitmekaar kan trek met n vurk. Myne was 24 uur in.
Gooi sous af en trek vleis los met n vurk. Proe en voeg sout by indien nodig.
Plaas in n bak en gooi bietjie van die sous oor.
Gooi slapdegie (ek het die resep op die blog gebruik) bo oor en druk n paar uieringe in.
Bak vir sowat 20 min by 200°C.
Foto en resep: Bernadene Daniell Prinsloo