NUTELLA EN CARAMEL BROODPOEDING
Resep en foto: Jolene Smit
Posted: Amanda Conradie
Brooddeeg by supermark gekoop.
Verdeel deeg in 8 stukke.
Rol baie dun uit. Kleinbordjie grootte.
Smeer met nutella (ek het mengsel gemaak met caramel en nutella) en pak opmekaar soos pannekoek stapel.
Sit shotglasie in middel en sny soos ‘n pizza 16 driehoeke.
Vat twee en draai na buitekant en druk punte bymekaar.
Jy het dan 8 bolletjies.
Bak teen 180°C vir so 25 tot 30 min.
Het vergeet om te noem… het my stapel van 4 gemaak so jy kry twee sulke brode uit.








