RONEL SE PERSKEKOEK
Nou hierdie resep is ‘n beremengsel en dit werk!
Sponskoekmengsel:
8 x 250 ml koekmeel
60 ml bakpoeier
8 ml sout
4 x 250 ml suiker
Sif meel, sout en bakpoeier saam.
Voeg suiker by en meng goed.
Verdeel mengsel in 4 x 750 ml dele en plaas in sakkies of bakkies met deksels.
Bere in koel droë plek.
Nou vir die KOEK:
750 ml sponskoekmengsel
4 ekstra groot eiers
5 ml vanilla
125 g botter/margarien
250 ml melk
Klits eiers en geursel goed saam.
Verhit botter en melk totdat botter gesmelt is. Dit moet nie kook nie.
Voeg die eiermengsel om die beurt met melkmengsel by die droë bestanddele en klop goed.
Skep in twee ronde lig gesmeerde koekpanne en bak ongeveer 25 – 30 min op 180°C.
Ek het ‘n bottel van my ingelegde perskes bygevoeg. En dit het heerlik uitgekom.
Foto en resep geplaas deur Ronel Muller Thoma








