KREEF MET GEGEURDE BOTTER
(hierdie is ‘n beproefde resep wat ek ook al self ‘n paar gekeer gemaak het) ½ suurlemoen of 1 lemmetjie
½ koppie groen kruie soos koljander en pietersielie
1 rooi rissie
4 knoffel huisies
2 spriet uitjies (spring onions)
125g sagte botter
4 eetlepels roomkaas of mascarpone
2-3 krewe in die lengte gesny
Olyfolie
Verwyder die rissie se pitte en kap die rissie baie fyn. Kap al die ander kruie ook fyn. Rasper die skil van die suurlemoen of lemmetjie en druk die sap uit. Plaas die botter, roomkaas en ander bestandele (behalwe die olyfolie en kreef) saam en meng goed.
Smeer die kreef (vleis kant) met olyfolie en braai met die vleis kant na onder vir 2 minute op ‘n rooster oor matige kole. Verwyder die krewe van die hitte en skep 2 eetlepels van die gegeurde botter op die vleiskant van elke kreef. Braai dit verder met die doppe na onder totdat die krewe gaar is (ongeveer 5 min), verwyder van die hitte.
Smelt die res van die gegeurde botter in ‘n bakkie en bedien saam met die kreef. Ek rooster ook snye ciabatta (Italiaanse brood) om saam met die ekstra gegeurde botter & kreef te eet.
RESEP GEPLAAS DEUR Elsabie Templeton








