

OKKERNEUT-TORTE
KOEK (TORTE)
90 ml koekmeel (6 eetlepels, 15 ml elk)
250 ml strooisuiker (1 koppie)
4 eiers, lekker groot
½ teelepel sout
60 g botter (weeg af)
5 ml bakpoeier (1 teelepel)
10 ml vanilla (2 teelepels)
150 g okkerneute, rofweg opgebreek: maak seker dis vars
BOLAAG
40 g botter (weeg)
80 g donker sjokolade, opgebreek
125 ml fyn appelkooskonfyt (½ koppie)
Opsioneel: gevlokte amandels
Voorverhit oond tot 180ºC. Smeer ‘n losboom-koekpan goed met botter. As jy wil, besprinkel die kante met fyn amandels. (Jy kan ook bakpapier, gesmeer, om die kante gebruik as jy bang is vir vassit).
Plaas al die bestanddele vir die koek in die prosesseerder, en pols vir 1 – 2 minute totdat die neute fyn is en die mengsel glad.
Skep hierdie slapperige mengsel in die voorbereide pan, en kap die pan liggies op die toonbank om die mengsel egalig te kry en lugborrels te verwyder.
Bak 35 minute, maar toets: ‘n houtstokkie wat ingesteek word, moet skoon uitkom. Laat effens afkoel, Verwyder die kante van die koekpan en laat staan die koek op die basis. Koel af.
Bolaag: Plaas die botter en die gebreekte sjokolade in ‘n klein pot oor stadige hitte (dit moet glad nie naby kookpunt kom nie). Roer om die sjokolade in the botter te laat smelt tot die mengsel glad is.
Verwarm die konfyt en smeer oor die koek, en maak sirkels met die sjokolade-ganache oor die konfyt. As jy wil, rond af met gevlokte amandels.
Resep geplaas deur Zuri Roos






