

KOOS SE STEAK SCHNITZEL
Ek het die vleis gekoop as Schnitzel steak. Kan nie glo dit is so sag nie.
Daar kom Glad nie speserye op die vleis nie
4 eiers geklits
Sout en peper volgens smaak by eiers gevoeg en weer geklits
Halwe koppie koekmeel by die eiers gevoeg en weer geklits.
Die mengsels moet soos n dik sous tekstuur wees.
Brood krummels in n aparte bak
Ek dip die vleis in die eier mengsels en dan net liggies in die brood krummels elke kant sodat die hele vleis bedek is maar nie oormatig nie die krummels bak vining swart.
Plaas die vleis wat klaar voorberei is op n bak rak in n pan sodat dit nie op n oppervlak le nie.
Ek los dit buite nie in n yskas vir so n uur. Alles moet eers set.
Bak stadig in olyf olie op halwe hitte van elektriese braai pan met deksel op. Draai net een keer om. Ek het nie tyd gehou nie maar dink dit was omtrent 3 minute op n kant gebak.
Plaas die gaar vleis op n drip tray sodat oortollige olie kan af drip.
Resep en Foto: Koos van der Merwe






