

VRUGTE-GEGEURDE STOKKIELEKKERS
Resep en Foto: Petronella Kleintjie Botha Pieterse
FOOD LOVERS RECIPES
Maak:8-10
Verf stokkielekkervorms of 2 bakplate met sonneblomolie
Verhit die volgende saam:
250 ml suiker
85 ml glukose of gouestroop
125 ml water
Roer tot die suiker opgelos het en kook dit dan sonder om te roer vir sowat 20 minute of tot dit 121 ºC – 129 ºC op ‘n suikertermometer is (hardebalstadium).
Voeg 60 ml vrugtesapkonsentraat en ‘n paar druppel koskleursel van jou keuse by en laat prut tot 149 ºC – 154 ºC (hardekraakstadium).
Haal dit van die plaat af en doop die kastrol in ‘n wasbak met koue water om die kookproses stop te sit.
Sprinkel konfetti of silwer balletjies in die vormpies en giet die suikerstroop daarin.
Of skep lepels vol daarvan op die bakplate en sprinkel versiersels oor.
Sit ‘n stokkie in elkeen.
As die stokkielekkers op ‘n bakplaat is, bedek die stokkie met nog ‘n bietjie van die suikerstroop.Laat dit hard word en draai in sellofaanpapier toe.






