Ek wil gou die resultate wys van al die pasteie wat ek gebak het vandag. Daar was twee verskillende vulsels. Kerrie Lam en Steak en Kidney.
Ek noem sommer dat ek skilferkors deeg gebruik het maar dit is gekoopte deeg wat ek al vir baie lank gebruik.
Ek wil ook noem dat met die los pasteie het ek eier en melk wat 50/50 gemeng was opgesmeer voor ek dit bak. Baie van die pasteie het toe oopgebars bo en dit het ook gelyk of die deeg nog rou was wat nie die geval was nie maar die deeg was nat. Ek het ook gesukkel om die pasteie mooi bruin gebak te kry.
Ek het in ‘n message dit vir Rina Kleinhans genoem en sy het my ‘n baie goeie tip gegee.
Melk kan dalk die natigheid veroorsaak miskien moet ek net eier gebruik.
Nadat die pastei gesmeer is met die eier, plaas dit in die yskas vir so 30 minute en dan eers in die oond. Ek het dit gedoen en julle kan sien op die laaste 2 foto’s hoe daardie pasteie uit gekom het.
Kerrie Lam vulsul:
heel lam skenkels
gemenge groente
3 groot uie, fyn gesny
3 eetlepels Curry Pasta
sout en peper, na smaak
Kook die lam skenkels van die been af in ‘n stoompot saam met sout en peper.
Voeg gemenge groente by en kook vir 15 minute saam met die lam skenkel vleis.
Braai die uie in olie in ‘n ysterpot.
Voeg die skenkelvleis by die uie in die ysterpot sonder enige sous uit die stoompot.
Ek gebruik ‘n Curry Pasta en het dit by die vleis gesit.
Roer alles goed en sit die stoofplaat op no 1. Laat prut vir 1 uur.
Ek het alles afgesit en oornag laat staan.
Steak en Kidney:
1 groot ui
niertjies
beesvleis blokkies
sout en peper, na smaak
1 pakkie swartpeper souspoeier
2 eetlepels Maizena
Sny die ui fyn en braai in die ysterpot in olie.
Sny die jiertjies in stukkies, omtrent 8 – 10 stukkies uit een niertjie en braai saam met die olie tot 80% gaar.
Sny die beesvleis blokkies ook in kleiner stukkies, dieselfde grote as die niertjies.
Meng alles bymekaar, geur met sout en peper en braai in die uie tot die niertjies 100% gaar is.
Voeg die swartpeper souspoeier en Mazina by om alles mooi te stol.
Natuurlik die heel tyd van albei vulsels geproe om seker te maak die speserye is reg want jy kan dit nie uit die pasteie haal as dit klaar gebak is nie.
Resep en foto: Koos van der Merwe








