VINNIGE OMELET
Klits 2 eiers met 2 eetlepels water, goed met ‘n vurk.
Braai stukkies spek, uie en paar sampioene met sout en peper in ‘n pan en plaas eenkant.
Spuit ‘n pan lekker met kleefwerende kossproei en plaas 1 eetlepel botter by om te verhoed dat die omelet vassit in die pan.
Verhit die pan op medium hitte, nie te warm nie, plaas die eiermengsel in die pan, wag tot die kante begin stol, lig die gestolde eier rondom so effens op dat die sagte eier invloei, wanneer die omelet nog so effens klam is in die middel, voeg die spekvulsel op die een helfte, vou die ander helfte oor die vulsel en gly die omelet oor in ‘n bord. Pasop vir brand.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie








