Ek het ongelukkig nie fotos beskikbaar nie, maar kan waarborg dat dit die lekker, lekkerste versiersuiker is.
250 ml melk
75 ml koekmeel
250 ml gewone margarine
250 ml strooisuiker (castor sugar)
5 ml vanielje
Metode:
Meng melk en koekmeel tot klontvry..verhit tot kookpunt en roer aanhoudend met houtlepel. Roer – kook dit ‘n minuut lank en laat afkoel. (heeltemal koud) Verroom margarine en strooisuiker saam, voeg melkpap en vanielje by en klits goed.
Vir sjokolade icing, voeg 3e kokoa by meel en meng met melk voor jy dit kook!……Dit proe soos roomys en kan ook suksesvol gevries (sien nota onder) word vir hergebruik….lekkerrrrrr!
BRON – Maria Kolesky
Nota: ek het onlangs dieselfde resep gebruik om ‘n lemoenkoek ter versier en het die melk vervang met heerlike vars lemoensap. Maak net seker dat dit gesif word om die segmete (?) te skei van die sap. Dit was net so lekker. Ek sluit foto in van die gevriesde weergawe daarvan, ongelukkig nie ‘n baie goeie foto nie. Onthou asseblief dat die gevriesde versuiker nie in mikrogolf mag ontdooi word nie.








