
POPPIE SE MELKTERT
Kors
85 g botter
3 teelepels bakpoeier
1/4 koppie suiker
2 eiers
1/4 koppie melk
2 eetlepels maizena
1 3/4 koppies koekmeel
Klop botter suiker eiers tot room. Sif res van bestanddele saam. Meng met melk tot stywerige deeg. Smeer in oond vaste bak en bak tot gaar. Tennis koekkies kan ook gebruik word.
Vulsel
1 blik kondensmelk. (Of 5 k melk)
6 eeetlepels maizina hoogvol
5 eiers geskei en eierwit styf geklop
6 eetlepels botter
3/4 koppie suiker
Kaneel of fyn koekies om oor te strooi
Gooi kondensmelk in groot kastrol en voeg 4 blikkies water by. Voeg botter en suiker by en bring tot kook punt. Meng maizena met koue water maizena moet nog styf wees. Voeg eiergele by maizena. As melk mengsel kook voeg maizena mengsel by kook tot dik haal van stoof af. Voeg styf geklopte eierwit by en meng goed deur. Gooi in gebakte kors of tennisbeskuitjie kors. Laat afkoel en GENIET.
Resep en Foto: Poppie Naude






