TUISGEMAAKTE FETA KAAS (FOTO ILLUSTRASIE ONDER AAN)
Neem 500 ml vars melk, gooi 50ml asyn by. (MOET GLAD NIE ROER NIE)
Bring tot kookpunt. Die melk sal begin skei. Wanneer die water omtrent helder is, sal die stremsels skei. Gooi die water af en hou die stremsels eenkant. Meng met sout of enige kruie na smaak. Druk vas in houertjie en bêre in yskas tot gebruik. Nou het jy wei en fetakaas!
BRON – Marietjie van der Merwe
Marietjie van der Merwe – Sover ek weet moet dit vars melk wees. Het nog nooit gepasturiseerde melk gebruik nie.
Lucelle Les Myers – Het al gemaak met gepasteuriseerde melk (sakkies), geen probleme
Foto en Nota Gideon Louw:
my kasies proe baaaaaaie lekker en ek is nogals trots op dit die een van die vier “flawers” wat wat ek gemaak het wat vir my die lekkerste smaak is die een met olywe en knoffel vroulief fancy weer die een met mix herbs, swart peper en bietjie ekstra pietersielie die ander het chillie flakes in en die ander een tiemie almal het n bietjie sout ook in die mengsel !!
Foto: Benhet Nieuwenhuis
Nota: ons raak nou al lekker gekonfyt met die feta kaas. 5l Melk bring tot 86C gee ‘n goeie roer dat die melk draai. gooi dan so 3/4koppie asyn in sodra klaar geskei gooi deur sif en dan sit ons soma vars gemaalde peper by en dan in kaas pres. los vir die dag en sny in blokkie en maak dan die sout oplossing aan. laat afkoel en bere in sout oplossing.
Nota: Rina Kleinhans
Mens kan die kaas verpak in ‘n houer en dan van die wei water wat afgekom het oor dit gooi om dit te bewaar, of gooi dit oor jou plante.
Hierdie foto’s wys mens stap vir stap hoe om die kaas te maak.. dankie Lisinda Blaauw
Estelle Page
Ek wil ook net graag vir almal vertel van my ondervinding met kaas. Hier in Thailand is kaas vreeslik duur. Toe gebruik ek die resep op die blog vir feta en roomkaas. Mense maar dit is lekker! My familie dink ook dit is heerlik.
Het self al hierdie gemaak en dit is regtig baie lekker EN Maklik. Mens kan dit ook geur met speserye. kruie waarvan jy hou.
Wat slim om zo’n blauw doekje te gebruiken! Ik knoeide altijd met een linnen theedoek!
Het recept is geweldig en ik was het helemaal vergeten, dus hartelijk bedankt! In plaats van azijn, werkt citroensap ook.
Tersia Loggenberg – Ek het vandag die Feta kaas gemaak en ek moet by se ek het my bedenkinge gehad want dit het te maklik gelyk. Groot was my verbasing toe die eind resultant ongelooflik lekker uit gekom het. Kyk nou is ek hooked. Dankie julle vir n ongelooflik blad. Julle rock. I will never buy again. This is truly amazing.
Maretha Verrips – Het dit ook gemaak en is verras gewees want eers het ek gedink dit gaan nooit werk nie maar dit is baie baie lekker. Baie dankie vir die raad en resepte