TUISGEMAAKTE FETA KAAS
TUISGEMAAKTE FETA KAAS (FOTO ILLUSTRASIE ONDER AAN)
Neem 500 ml vars melk, gooi 50ml asyn by. (MOET GLAD NIE ROER NIE)
Bring tot kookpunt. Die melk sal begin skei. Wanneer die water omtrent helder is, sal die stremsels skei. Gooi die water af en hou die stremsels eenkant. Meng met sout of enige kruie na smaak. Druk vas in houertjie en bêre in yskas tot gebruik. Nou het jy wei en fetakaas!
BRON – Marietjie van der Merwe
Marietjie van der Merwe – Sover ek weet moet dit vars melk wees. Het nog nooit gepasturiseerde melk gebruik nie.
Lucelle Les Myers – Het al gemaak met gepasteuriseerde melk (sakkies), geen probleme
Foto en Nota Gideon Louw:
my kasies proe baaaaaaie lekker en ek is nogals trots op dit die een van die vier “flawers” wat wat ek gemaak het wat vir my die lekkerste smaak is die een met olywe en knoffel vroulief fancy weer die een met mix herbs, swart peper en bietjie ekstra pietersielie die ander het chillie flakes in en die ander een tiemie almal het n bietjie sout ook in die mengsel !!


Foto: Benhet Nieuwenhuis
Nota: ons raak nou al lekker gekonfyt met die feta kaas. 5l Melk bring tot 86C gee ‘n goeie roer dat die melk draai. gooi dan so 3/4koppie asyn in sodra klaar geskei gooi deur sif en dan sit ons soma vars gemaalde peper by en dan in kaas pres. los vir die dag en sny in blokkie en maak dan die sout oplossing aan. laat afkoel en bere in sout oplossing.
Nota: Rina Kleinhans
Mens kan die kaas verpak in ‘n houer en dan van die wei water wat afgekom het oor dit gooi om dit te bewaar, of gooi dit oor jou plante.
Hierdie foto’s wys mens stap vir stap hoe om die kaas te maak.. dankie Lisinda Blaauw











