“TANGY/SPICY/STICKY” HOENDERSTUKKIES
Resep en foto: Koos van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
Ek is nou al lankal lus om ‘n Tangy/Sticky/Spicy hoender stukkies te maak. Ek was op die blog en alles gelees wat ek kon kry en toe prober ek die een. Ek het hoender drumettes, die kleintjies gekoop. Sout en peper gestrooi in ‘n bak gepak wat kan toe maak in die oond.
My mengsel wat ek oor gesit het was:
1 koppie Mayonnaise
1 koppie blatjang
1 koppie tamatiesous
1 eet lepel crushed garlic
½ pakkie bruin uiesoppoeier
3 telepels Shisanyama speserye
Eksta:
hoenderstukkies
250 g botter
opsioneel: sesame saad
Alles goed gemeng en ‘n rukkie laat staan om te trek. Net so 20 minute.
Daarna het ek die botter gesmelt en by die mengsel gesit en alles weer goed gemeng.
Ek het die drumlettes in die bak een laag gepak, deksel op gesit en op 140ºC vir 90 minute gebak.
Ek het ook gelees mens moet op die einde gebakte Sesame saad oor strooi en dan weer ‘n rukkie sonder die bak se deksel in die oond bak.
Ek was bietjie laat om die bak met die eind produk af te neem voor almal begin op skep het maar julle kan darem ‘n gedeelte van die resultaat sien.








