Braai uie, knoffel en rooi soetrissie tot amper sag (ek voeg bietjie water by). Sit die pynappel by en kook, na 5 min sit die res van die bestanddele by en laat prut.
Beslag:
500 ml bruismeel
groot blikkie bier
sout en speserye
½ koppie water indien nodig om ‘n slapperige (nie te slap) beslag te maak.
Neem die meel bedekte blokkies vark en plaas bietjie bietjie op ‘n slag in die beslag.
Verhit olie en braai die blokkies vleis tot mooi bruin en dreineer op kombuispapier.
Plaas die gaar bokkies in die lekker warm sousie en bedien saam met spaghetti.
Resep en foto: Dorea Fisher








