SOET-SUUR VARK MET SPAGHETTI

2015-01-21-soetsuurvarkmetspaghettitested
SOET-SUUR VARK MET SPAGHETTI
600 g varkvleis in blokkies
sout en peper na smaak
koekmeel
Geur die meel met sout en peper na smaak en rol die vleis blokkies daarin.
Sous:
2 uie in blokkies
2 stukkies knoffel
½ rooi soetrissie opgesny
½ vars pynappel in blokkies
60 ml tamatiesous
30 ml Worcestershiresous
25 ml bruinsuiker
olie

Braai uie, knoffel en rooi soetrissie tot amper sag (ek voeg bietjie water by). Sit die pynappel by en kook, na 5 min sit die res van die bestanddele by en laat prut.

Beslag:
500 ml bruismeel
groot blikkie bier
sout en speserye
½ koppie water indien nodig om ‘n slapperige (nie te slap) beslag te maak.

Neem die meel bedekte blokkies vark en plaas bietjie bietjie op ‘n slag in die beslag.
Verhit olie en braai die blokkies vleis tot mooi bruin en dreineer op kombuispapier.
Plaas die gaar bokkies in die lekker warm sousie en bedien saam met spaghetti.

Resep en foto:  Dorea Fisher