

PAPPEDELLE
500 ml mielierys
1,5 liter kookwater
500 ml growwe mieliemeel
10 ml sout
1 blik (410 g) heelpitmielies
60 ml botter of margarien
gerasperde Cheddarkaas
braaisous van eie keuse
Bedek die mielierys met water en laat dit vir ‘n paar uur of verkieslik oornag week.
Dreineer die mielierys. Giet dit saam met die kookwater, mieliemeel en sout in ‘n groot swaarboomkastrol, meng deur en verhit dit tot kookpunt. Draai die hitte laer en laat dit vir omtrent 1 uur kook. Roer die pap een of twee keer goed deur terwyl dit prut.
Dreineer die heelpitmielies en roer dit saam met die botter by die pap. Meng deur en laat dit dan afkoel.
Gebruik ‘n roomyslepel en skep bolle pap in ‘n gesmeerde oondvaste bak of in die oond se braaipan.
Giet ‘n dik laag braaisous van gesmoorde tamatie en uie of sampioensous met gebraaide spekstukkies oor.
Strooi die kaas oor die sous en plaas die gereg vir ongeveer 20 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC totdat die kaas gesmelt is. Sit dit voor saam met braaivleis.
Nota – Elise Alberts: Ek het dit ook al gevries en net voor jy dit voorsit, giet die sous en kaas oor en verhit dit sommer in die mikrogolf.
Resep getoets en foto: Bennie Geustyn






