Plaas vye in ‘n groot Argilla bak sit deksel op en mikrogolf op medium vir 13 min. Maak oop en voeg die res van die bestanddele by. Roer baie goed tot suiker gesmelt is. Laat oop en mikrogolf vir 10 min. Haal uit en toets of stolpunt bereik is. Verleng kooktyd indien nodig. Verwyder gemmerstukkies en skuim. Laat baie goed afkoel. Giet in bottels en seël.
1.5 kg gekookte vye het 4 x 500 ml heuning botteltjies vol gemaak.
Resep en foto: Poppie Naude









My heel eerste keer wat ek konfyt kook in my lewe!!!! En dit is soooo maklik en baie lekker. Ek was nog altyd bang om konfyt te kook want mense praat altyd van hoe moeilik dit is. Maar hierdie resep is glad nie moeilik nie. En die konfyt-maak-gogga het my nou gebyt…. Baie dankie FoodLovers!