LANGLEWE TUISGEMAAKTE KONDENSMELK
Wat gemaak as jou kondensmelk klaar is???
375 ml volroom melk
190 ml witsuiker
30 ml botter
Verhit melk en suiker stadig totdat die suiker opgelos is.
Kook by matige hitte totdat die vloeistof met die helfte verminder het…vat sosatiestokkie in die begin van die kookproses en sit regop in kastrol met melk en maak merkie. Deel dan in helfte en meet soos die mengsel kook..totdat dit op halfpad kom.
Haal mengsel wat halveer het af en klop botter by.
Bottel baie warm as jy baie maak en dit kan vir tot 2 jaar op die rak hou…
Hoeveel kry jy?
1 blikkie se volume uit hierdie resep
Resep en foto: Annelien Pienaar









Nina Spies
Rina Kleinhans ek het die langlewe resep probeer. Ek het dit biekie te lank gekook so volume was minder as op die resep. Ek koop nooit weer kondensmelk melk nie:) Al die jare is ek so suinig om te bak daarmee omdat dit so duur kan uitwerk en het dit nie altyd by die huis nie. Nou kan ek lekker bak en brou. Baie dankie!!!