LANGLEWE TUISGEMAAKTE KONDENSMELK

tuisgemaakte kondensmelktested

LANGLEWE TUISGEMAAKTE KONDENSMELK
Wat gemaak as jou kondensmelk klaar is???
375 ml volroom melk
190 ml witsuiker
30 ml botter

Verhit melk en suiker stadig totdat die suiker opgelos is.
Kook by matige hitte totdat die vloeistof met die helfte verminder het…vat sosatiestokkie in die begin van die kookproses en sit regop in kastrol met melk en maak merkie. Deel dan in helfte en meet soos die mengsel kook..totdat dit op halfpad kom.
Haal mengsel wat halveer het af en klop botter by.
Bottel baie warm as jy baie maak en dit kan vir tot 2 jaar op die rak hou…

Hoeveel kry jy?
1 blikkie se volume uit hierdie resep

Resep en foto:  Annelien Pienaar