(so uit my kop uit) … Die resep is lekker aanpasbaar .. Hou net vloeistof dop .. Sit eerder bietjie bietjie by as wat als in gesit word en dis n loperige spil .. Te styf ? Sit net nog melk by ..
1 kg savory mix (savory mix kry jy by die bak afdeling in enige winkel)
250ml melk
150 ml olie (ek het olyf gebruik)
2 eiers
maalvleis (hoeveelheid na smaak)
1 ui
2 tamaties
sout en speserye na smaak
skakel oond op 180 Grade C, braai ui , tamaties en maalvleis tot amper gaar , doen sout en speserye , gooi oor in sif dat vog kan afloop en laat koud word … Sit meel in n groot bak klits melk ,eiers en olie saam , voeg by meel en vou deur voeg maavleis by ( kaas kan grofgerasper by gevoeg word) sit in mini broodpannetjies/kolvynpannetjies en bak in voorverhitte oond vir 10 tot 15 min (elke vrou / man ken hulle oond en kan aanpasings doen met tyd van gaar maak)
Resep en foto: Erna Pretorius Van Staden








