LEKKER HOENDERLEWERTJIES
Vanoggende se ontbyt was hoenderlewertjies wat ek as volg gemaak het:
fyn uie gebraai
sout en peper na smaak
1¼ koppie tuisgemaakte Ms Balls blatjang
¼ koppie tuisgemaakte tamatiesous
1 teelepel suiker
Worcestersous na smaak
Alles lekker in die pan gebraai tot gaar. Bedien met gebakte eiers, roosterbrood, tamaties en kaas.
Foto en resep: Marietjie van der Merwe