3 groot uie;
2 rooi; 2 geel en 2 groen peppers;
8 rissies met pitte opgekerf.
6 knoffelhuisies;
1 gerasperde wortel;
blikkie tamatie pasta;
halwe koppie water;
1 k asyn;
1 k kookolie;
1k suiker en
knippie origanum.
verhit olie en braai uie en knoffel tot deurskynend. Voeg peppers byen braai deur voeg dan rissie by. Roerbrai vir 5 min. Voeg wortel by. Voeg nou suiker by en roer tot opgelos.Voeg water asyn sout en peper tamatie pasta en origanum by en roer goed. Roer mengsel oor matige hittte vir 10 min. Stel plat op laagste en laat prut vir 35 min sonder n deksel. Roer kort kort. Laat afkoel en bottel.
Resep van n vriendin – Annelise Engelbrecht