KOOS SE GEROOKTE SNOEKSLAAI
So 2 dae terug was daar n post oor biltong slaai. Ek het jare terug n gerookte snoek slaai ge-eet en gewonder waar ek van die gerookte snoek kan kry. Daardie tyd was die gerookte snoek ready to eat. Bietjie rond gekyk en ek kry toe die gerookte snoek met so twee resepte op maar nie n snoek slaai nie.
Die boks het ook gese jy moet die snoek bietjie braai in botter.
Op die blog is die biltong slaai en ook n gerookte hoender slaai. Ek vat toe idees van altwee en besluit om n Gerookte snoek slaai te maak.
Ek het die snoek n rukkie in botter gebraai saam met uie en repies wortels.
Toe ek dit uit skep om af te koel verander my plan sommer daar.
Daar is darem slaaie ook gemaak elkeen se eie keuse.
Ek het n bak met die heel gebraaide stukke snoek en slaai by gemaak.
Die slaai was maar n eintlik n gewone mengel slaai.
Blaarslaai
Cocktail tamaties
Uie
Komkommer
Feta Kaas
Advokado
Pitlose Olywe
Gerookte snoek in stukkies gebreuk.








