


ANNELISE SE KERRIEKOOL
Dit is heerlik saam met braaivleis of n koue ete.
1 groot koolkop (fyn opgesny)
4 uie (geskil en opgesny)
Sous:
2 eetlepels kerriepoeier
4 eetlepels maizena
1 eetlepels sout
4 koppies suiker
3 koppies witasyn
Kook die kool en uie saam in bietjie water tot gaar.
Meng die bestanddele vir die sous en giet oor die gaar kool.
Kook nou verder tot sous lekker dik is.
Bottel warm.
Resep: Annelise Engelbrecht
Foto: Adam Cloete







Dit is ‘n lekker resep, maar net bietjie soet. Ek sal volgende keer definitief minder suiker insit, en miskien bietjie meer kerrie. Dit hang seker ook af van die grootte van die koolkop.